Paper Crafts Supplies

Wednesday, May 28, 2008

I am home...again




All my bags are back, I am ready to go….of dis wat ek altans gedink het. Ja, ek is met die vliegtuig oor kontinente en oseane tot in Athene, Griekeland. Dis daar in waar dinge nou vir jou lelik skeef geloop het.
Ek het net gekom tot by die paspoort kontrole. Paspoort word ingeggee,,,niks vreemd. Wel, ek het nie Schengen Visa! Dit behoort mos nie ‘n probleem te wees, in elk geval nie volgens my maatskapy of in my beterwete. Daar word ek gevra om saam te gaan met die beampte. Hulle vra my ‘n klomp vra. En ek aan die anderkant vra net of ek nie my maatskapy of die port agent kan kontak nie. Geen genade, geen oproep. Word net weg gelei na klein kamer. Die kamer sou ek 4 ure in spandeer - 4 ure van wag, wonder en trane.
Die kamer is klein, vuil, vol graffiti teen die mure - wat ek nie eens kan lees nie. Die toilet lek en die vloer is nat. Het hulle my dalk vergeet hier? Dit voel soos ‘n sel, is soos een want ek word toegesluit. Wonder net waar dink hulle sal ek nou heen vlug?? My eningste geselskap is die kakkerlak….eigh. En die tyd tik stadig verby. Einde ten laaste word ek bevry…maar nog nie oppad na my eindpunt nie. Ek word saam met die sekuriteit gesleep….terug vir ‘n volgende vlug London toe. Ek vra weer of ek net iemand kan skakel, maar nee! Word net laaste om op die vliegtuig te gaan - begelei deur die sekuriteit. Ek is dan g’n krimineel, verstaan hulle dit dan nie? Paspoort word gevat en ek word gepos.
Gedink als is nou verby, maar toe nou nie. In London ondervind ek sy eie stel probleme. Wie is ek, wat doen ek daar, hoekom het ek net ‘n one-way ticket, waar is my visa om in London te wees? Kan julle dan nie verstaan ek het geen plan gehad om te vertoef in London nie. Dankie tog, ek kon uiteindelik my maatskappy skakel - ook maar goed hulle het after hours emergency number, en vir Rose. Sy kry vir my ‘n kaartjie geboek om die volgende dag terug te vlieg. Nou waar bly ek dan? Ek het nie ‘n krediet kaart nie ( want ek mag hom nie gebruik as ek oorsee werk nie) Rose, maak plan en ek moet Hilton Hotel toe. Maar ai, nog nie als sonskyn en rose nie. Dis weer ‘n ondervraging voor ek ‘n 24 in transit visa kry. En daar in die reen en koue van London maak ek my weg van Terminaal 5 tot 4. Nogal moeite om ‘n bus te kry daardie tyd van die nag.
Slaap is my nog nie beskore nie, daar by die Hilton is ek nie geboek nie - want hulle is vol bespreek. Skakel maar weer en word ingelig dat die port agent vir my plek bespreek het in die Premiere in. Dit kos net ‘n 30 Euro taxi om my daar te kry. Drie uur, doodsure van oggend kry ek ‘n plek om te slaap.
Van daar begin die lig weer skyn en kry ek darem gereel dat Camel Man my kan kom optel by die lughawe. ‘n Lewensredder wat my veilig by die huis bring.
Wat is nou volgende - ek
het geen idee…solank dit net nie ‘n kleine kamertjie is nie!

1 comment:

Jean-Jacques said...

Jammer om the hoor van die probleme - het ook gehoor die Grieke is vol nonsens - daar was 'n tyd gewees waar Suid Afrikaners geen probleem gehad het om daar te gaan kuier nie, maar vandat die Shengen visa ingekom het...
Ek dink dit raak al hoe moeiliker vir ons om te travel.. Moes jy die skip in Griekeland ontmoet, of net transit daarso? Klink vir my hulle het so effens oor-reageer.
Dankie vir jou aanbod om te help kontak maak vir werk. Ek gaan net so effens vasbyt tot einde van die jaar voor ek 'n finale besluit neem omtrent wat ek wil doen, (het ondervinding in retail, bankwese en I.T. & stel ook belang in Casino afdeling, maar sal weer later kontak maak).
Is jy terug by die huis in SA? Hoop dinge werk uit vir jou!